“My dad is often God’s voice of encouragement to my heart.”
(Belinda is Frederick Meiring se dogter)
				

LASLAPPIE
Uitgawe 29
15 Junie 2007

JUNIE VERJAARDAE

19 
Nicolene Grobbelaar
24 
Elsabe Grobbelaar
25 
Merwe Grobbelaar
26 
Merwe Grobbelaar Jnr
(Merwe se Merwe)
27
Tannie Kotie Grobbelaar
28
Ju-Marié Bester


Die vroue vertel . . . .

Goeiedag almal

Vandag is die LASLAPPIE-vroue aan die beurt en daarom het ons ‘n nuwe rekord gebreek vir die meeste nuus nog ooit! LASLAPPIE 29      ontplof letterlik van die nuus.

Baie dankie vir elke bydrae.  Dit gaan vir ons mans baie spesiaal wees.

Manne, hierdie bydrae word aan julle opgedra.  Een en elke manlike leser wat met LASLAPPIE verbind word is vir ons spesiaal.

Hierdie blad word in geheel aan julle gewy, net om te wys dat ons eintlik dink julle is vrek cool en dat ons nie regtig sonder julle kan bestaan nie.

Gelukkige Vadersdag ook aan al die Pappas op Sondag.  Julle word opreg waardeer!

Lekker verjaar aan Nicolene vir hierdie week.  Baie geluk, hoop jy het ‘n wonderlike dag.

Lekker lees!
Tot volgende week . . . .

Liefdegroete
Hanlie
Belinda Meiring sê . . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Monica Grobbelaar sê . . .
Een Vrydagaand so teen 19h00 staan ek en Ianette in ‘n winkel in Canal Walk en bewonder die pragtige kristal items. Met ‘n baie duur glas in die hand sien ons albei tergelykertyd ‘n baie bekende figuur deur die glas ruit! 
Die glas word versigtig neergesit en ons sê vir mekaar : “Hy’s nou lekker uitgevang! 
Hy’t nie geweet dat ons juis vandag in Canal Walk sal wees nie!” Ek en Ianette het sonder die nodige inligting sommer net ‘n aanname gemaak : ons het gedink dat Juan en Annemarie wat op die Skema woon dalk by van hul Kaapse vriende kom kuier het en omdat naweke maar kort is dalk nie by ons ‘n draai sou kon gaan maak nie. 
Ianette storm uit die winkel en met ‘n gil van opgewondenheid spring sy haar bekende klein dogtertjie sprong binne-in haar boetie se arms in! 
Raai wat? Die grap was op ons! Dit was vir ons snaaks toe Pieter die middag vir ons sê dat hy saam met ons Kaap toe wil gaan – sien, Pieter hou nie van “shopping” nie, maar ons het niks gesê nie! Hy was al die tyd deel van Juan se verrassing vir ons twee vrouemense! Dis dan ook Pieter wat vir Juan gesê het in watter winkel ons was toe hy ewe luiters na ons aangestap gekom het! 
Met my en Pieter se 25ste huweliksherdenking het Ianette vir ons ‘n verrassingspartytjie in Francshhoek gereël. 
Haar hartseer was egter dat haar boetie Juan nie daar so kon wees nie aangesien die boerdery op daardie stadium vir hom net te besig gehou het. 
Toe sy dan teen laatmiddag vir hom kontak om in te lig dat die reëlings almal voorspoedig afgeloop het en dat Pappa en Mamma van niks weet nie het sy nog gehoor hoe hy besig is om met die trekker op die land te ploeg. 
Nie alleen was ek en Pieter daardie aand stom geslaan oor alles, maar ook Ianette toe haar boetie uit die bloute  aanmeld met : “Yes, yes. Lyk asof hier partytjie gehou word!” Die trekker wat ploeg was al die tyd die vinnige Audi wat oom Fanie vir Juan geleen het om mee Kaap toe te kom! 
Herinneringe uit sy klein dae: 
Pieter was op die grens toe Juan gebore is. Juan, allergies vir melk, het die dae en nagte omgehuil a.g.v. honger. 
Niks wat die dokters gegee het wou help en ek het maar redelik uitgeput geraak. 
Toe het twee jong ongetroude mans aangebied om te kom help - Neels en Merwe! Hulle sou die aand vir Juan versorg sodat ek net ‘n bietjie rus kon probeer inkry. Dankie, julle twee, ek sal dit nooit vergeet nie!  
Juan se peetpa is Oom Fanie en ‘n greater peetpa kon hy nie gehad het nie! 
Dié peetpa was in die staande mag en het besluit dat Juan sommer vroeg-vroeg reeds kennis moet maak met die lewe in die “army”. 
Op 5 jarige ouderdom is hy dan ook vir ‘n volle week saam met Fanie na Tempe in Bloemfontein toe! 
Ouma Kotie en ek moes net spook om vir Juan regte army klere te maak – met rang en al op sak gewerk! Ek weet nie hoeveel 5 jariges  al die voorreg gehad het om saam met regte soldate in die barakke te bly en saam uit te gaan op hul oefen sessies neie ! Net oom Fanie kon dit regkry!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Monica Grobbelaar sê verder. . .
Dis egter nie al wat Fanie gedoen het nie! 
Toe Fanie na 6 maande van die grens af huis toe kom,  wou hy vir sy meisie Nicolene in Kempton Park gaan kuier en sommer ook vir hom ‘n motorfiets koop – maar Juan moet saamgaan. 
Ek sê nee, onder geen omstandighede, jy en Nico moet alleen kuier. Ek het die stryd egter hopeloos verloor en na beloftes dat hulle beslis teen Sondagaand terug by die huis sou wees, is Juan saam met Fanie daar weg. 
Saterdagoggend bel hierdie besorgde ma om te hoor hoedat dit daar gaan en al wat ek van Fanie kry is : “Luister bietjie hier.” Ek hoor net motorfiets geraas.!! Fanie vertel so ewe onskuldig dat hy besluit het om vir Juan sy eie motorfiets te koop en dat hulle besig is om hom te leer hoe om te wheelie!  (Ek wil iets hier byvoeg.  Toe Juan met sy motorfiets op die Skema begin rondry, ry hy eendag oor die bruggie, regoor die pad sonder om links of regs te kyk.  My ma, Marie Botha, ry toe net daar en stop hom.  Sy raas toe met hom en sê “Jy gaan ‘n ongeluk maak en dan gaan jy baie seerkry”.  Juan het haar so op en af gekyk en toe sê hy ewe droog vir haar : “Weet jy wat? My ma like jou!” )
Oupa Merwe wat Juan, wie se koppie skaars bokant die trekker se stuurwiel uitsteek, regop laat staan agter die stuurwiel van die trekker om dit reguit te hou in die akkers terwyl Oupa en pa Pieter bale lusern op die wa gooi! 
En so kan ek staaltjie op staaljie van hom vertel, hierdie sonskyn seuntjie van my. 
Baie mense kyk my vreemd aan wanneer ek soms van Juan as “my seuntjie” praat. 
Glo my, dit is met die grootste respek en liefde wat hierdie aanspreek vorm gebruik word. 
Sien, Juan is nie net in groote 6 ft 4 dm en weeg so ietsie oor die 100kg nie, maar hy is in sy totale wese ‘n GROOT MAN! 
Hy het ‘n hart van goud al is hy ‘n terggees deur en deur, hy is liefdevol en teer, eer en respekteer alle mense oud of jonk, is baie lief vir die natuur, en ken sy God. 
Boonop verwag hy en Annemarie hul eie klein seuntjie, Reynard, vroeg Augustus! 
Juan was altyd sy Sussa Ianette se held. Sy het hom van kleintyd af ge-“hero worship” en het altyd gesê dat sy eendag ‘n man soos haar geliefde boetie Juan wou hê. 
Ek as ma kan net sê dat die Hemelse Vader aan my die ongelooflike voorreg gegee het om hierdie pragtige siel wat Hy vir Homself geskape het te leer ken. 
Ek sluit dan af met die woorde soos opgeteken in Sefanja 3:17 Die Here jou God is by jou. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel. 


Die manne in Vaalharts is erg besig om te oes en te plant.
Pappa Juan kan nie meer wag vir kleinman om sy verskyning te maak begin Augustus nie.
Groete
Annemarie
Annemarie Grobbelaar sê . . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Suné Borstlap sê . . .
Die enigste mans in my lewe is my great pa, Johannes, en great boeta, Wicus! Die liefde ontwyk my nog!
Wat kan ek sê van my dad?!  
Hy is my rots, my motivering, en die beste pa wat ‘n dogter voor kan vra.  
Ek is so bevoorreg om hom as ‘n pappa te hê, siende dat hy so lief is vir my en vir my al die kanse in die lewe probeer gee sodat ek iets in die lewe kan bereik.  Na alles wat ek in my kort lewe al aangevang het en hom grys hare oor gegee het, het hy nogtans vir my 2de en 3de kanse gegun.  Hierdie laaste kans het ek definitief met albei hande aangegryp en ek glo ek maak hom trots op die oomblik.  
Sy ongelooflike passie vir sy besighede en al die tyd en moeite wat hy daarin sit, is so ‘n inspirasie vir my.  
Hy staan elke dag op met ‘n lied in sy hart en ‘n doel vir die lewe!  Hy sorg onvoorwaardelik goed vir sy   gesin en het sy vroutjie, Santie, na 27 jaar getroude lewe meer lief as ooit.  In daardie opsig is ek nog soveel meer bevoorreg om ouers te hê wat vir almal en veral my die wonderlike waarde van liefde wys.  
Sy passie en omgee vir sy medemens is te sien in alles wat hy vir hulle sal doen.  Hierdie liefde vir sy medemens het hom al talle maal baie seer besorg van mense wat hom in die rug steek, maar nogsteeds sal hy voortgaan om sy medemens te help.  Dit is vir my iets baie besonders.  
Ek wil vir hom op die Vadersdag dankie sê vir sy onvoorwaardelike liefde, sy skitterende          persoonlikheid en sy deurgaans ongelooflike voorbeeld wat hy vir my stel om positief te wees en my voete plat op die aarde te hou.  Hy is ‘n nederige, liefdevol en passievolle mens wat al die die talente ten volle benut wat God aan hom gegee het.  Ek is lief vir jou daddy en hoop hierdie Vadersdag is die beste ooit!
My liefste boet, Wicus…  
Al is ons altwee nou al baie ouer en volwasse, sit ons nog maar lekker vas!  As ons kwaad raak vir mekaar, wil ons mekaar   nogsteeds omtrent te lyf gaan!  Dit was nog altyd so en sal    seker altyd so wees!  
Ons het vurige humeure van ons pa geërf – ek tot ‘n meerdere mate. Wicus is my moeder se kind, uit en uit.  En ek pa se kind.  Ten spyte daarvan het ek hom bitter lief en vandat ek in Pretoria bly mis ek hom vreeslik. Hy is ‘n stil, rustige mens en vreeslik sku vir vreemdelinge, jy sal hom byvoorbeeld nooit kry dat hy sommer met enige iemand sal begin praat nie – op ‘n druppel nes my moeder.    
Wat ek baie lank terug al geweet het en die meeste van hom bewonder is sy getrouheid en liefde vir sy meisie.  Hy het nooit meisies gehad op skool nie, maar ons het almal geweet die dag as hy iemand ontmoet gaan dit vir ewig wees en hoe waar is dit nie!  Hy het ‘n pragtige meisie (al baie lank) wat nou in Potchefstroom studeer en die liefde blom nogsteeds.  Hy gaan verseker met haar trou.  
Ek is ook so trots op hom vir wat hy al bereik het in sy werk en dat hy dit met soveel passie en  oortuiging aanpak.  Hy het ‘n besigheidsman se brein net soos sy pa.  Ook as mens hom dophou in sy manier van praat en stap kan jy dadelik sien dis Johannes se seun.  Wicus, ek is vreeslik lief vir jou, mis jou baie en ongelooflik trots daarop dat ek jou my boetie kan noem!  Jy is ‘n juweel!
Lovies, Suné

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wat ken ek oor my Pa Fanie sê wat nie algemene kennis is nie?
Tussen Landrovers, 4x4 ekspedisies na die buiteland, bome snoei en natuurlik elke nou en dan Anjelle se “lawwigheid” geniet as sy in die Skema kuier, is hy ‘n “toughlove” maar ook regverdige en       ondersteunende Pa.
Drie dae voor my  geboorte moes hy terug grens toe.  Hy kon toe eers drie maande later pas kry om my te kom       ontmoet. 
My Pa was min by die huis toe ek jonger was, maar ek weet dat dit was omdat hy wou hê ons moes geen      tekortkominge het terwyl ons grootword nie.
Ek kan verstaan hoe moeilik dit vir hom moes gewees het as ek dink aan hoe ek my eie kleintjie mis as sy nie hier by my is nie.
Pa, deur al die jare deur het ons ons verkillende opinies gehad oor dinge, maar ek wil net vir Pa sê : “Baie dankie vir alles wat Pa vir ons opgeoffer het.  Dankie vir al die uitstappies, vakansies en Boskuiers wat ons saam met Pa kon geniet het.  Dankie vir die ondersteuning en raad deur my 22 jaar, maar die belangrikste van alles hoop ek dat Pa sonder    twyfel weet dat Pa baie lief het en mis.
Gelukkige Vadersdag, geniet dit en wees rustig.
Liefde, Anje

Liefste Collin
Anjelle is dalk nog te klein om jou ‘n gelukkige en liefdevolle Vadersdag toe te wens, so dié wense kom van ons albei af.
Ons wil dankie sê vir die afgelope drie jaar wat jy in ons lewens is.  Elke oomblik daarvan was gevul met liefde en respek van jou af.  Dankie vir die drukkies en soentjies wat jy met ons deel, maar veral dankie vir jou glimlag wat ons harte en gemoed tien keer oor en oor laat ophelder.
Jy word met soveel oorgawe deur ons liefgehê.  Weet dat jy die    wonderlikste eggenoot en Pa vir ons is.  
So sit rustig agteroor en gee ons die voorreg om jou te bederf en te wys hoe baie ons jou waardeer.

BAIE BAIE LIEFDE, ANJE EN ANJELLE
Anje Carrol sê . . .
Before I was myself you made me, me
With love and patience, discipline and tears,
Then bit by bit stepped back to set me free, 
Allowing me to sail upon my sea,
Though well within the headlands of your fears.
Before I was myself you made me, me 
With dreams enough of what I was to be
And hopes that would be sculpted by the years,
Then bit by bit stepped back to set me free, 
Relinquishing your powers gradually
To let me shape myself among my peers.
Before I was myself you made me, me, 
And being good and wise, you gracefully
As dancers when the last sweet cadence nears
Bit by bit stepped back to set me free. 
For love inspires learning naturally:
The mind assents to what the heart reveres.
And so it was through love you made me, me
By slowly stepping back to set me free.
Daddy, I love you
For all that you do.
I’ll kiss you and hug you
‘Cause you love me, too.

You feed me and need me
To teach you to play,
So smile ‘cause I love you
On this Father’s Day.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Elke Pot het sy eie deksel.  Tussen my en Fanie se lywe kan julle dus sien dat “ek” natuulik die pot is en hy die deksel.

Met al my nukke en grille gaan dit soms woes vir daardie ou dekseltjie om hierdie pot toe te kry.  Hy slaag egter volkome daarin om hierdie potjie goed aan die “kook” te hou, fisies, psigies en veral emosioneel, wat op my “tere” ouderdom,  vir hom seker maar moeilik is (die buie is maar onvoorspelbaar).

Die Pot kan maar val en buig, maar die ou dekseltjie sal maar saam buig om “himself” weer te maak pas.

So ken ek hom, MY MAN FANIE
Liefde, Nicolene


Sjoe,wat sal ek nou sê: hy was toe ons klein was maar net ons pa. 
Gaan vra jou pa!, en as jy vra dan is die antwoord gewoonlik: mmmmmmmm.
Toe ons uit die skool was en ons eie dinge begin doen het, het hy eers eintlik met ons begin praat.  Hy is baie kwaai met tye, ek sal nou nie die ander woord gebruik nie.
Hy is baie behulpsaam en sal enige iets doen vir sy kinders
Almal sê ons twee is dieselfde - praat min en vol nonsens.
Daar is ook een ding wat ek van hom kan sê, hy hou nie van my hond nie.
Hy is 'n wonderlike pa!!
Nicolene Grobbelaar sê . . .


My liewe man Martin is ‘n wonderlike pa.  Hy doen met sy stywe bene die leeudans saam met die  tweeling se studente maats op hul 21ste verjaarsdag.
Ry saam met Martin (jnr) en James gymkana in Grootfontein terwyl dit vrek koud was, want hy wil nie vir James "drop" nie.  Hy het die gymkana 700km hiervandaan  aangebied.
Hy laat skelmpies toe dat Martin (jnr) sonder 'n lisensie rondry.  
Meer sakgeld kry as waarvan ma weet!
Later uitgaan in die aande as die oudstes.
               en
hy is kwaai maar lief vir sy vrou! 
Sy vrou mag geld leen by hom sonder om terug te betaal.
               en bowenal 
                     IS HY LIEF VIR ONS!!!
Annetjie Grobbelaar sê . . .
Amelda Mussmann sê . . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek beskou myself as besonder bevoorreg en geseënd met so ‘n klomp interessante manne wat my lewe sò verryk!  Almal kom baie goed met mekaar klaar - géén dwarstrekkery nie.

Ron, die man in my lewe, ‘n tandtegnikus in Bloemfontein


Albé, oudste seun, ‘n besigheidsman met           uitgebreide sakebelange in Bloemfontein.

Wilbé, jongste spruit, ‘n student by KOVSIES en ook lid van die  metalcore band ‘Ichor’ in Bloemfontein.
		
Louis, laslappie-seun, ‘n meester-goudsmid en juwelier in Bloemfontein.

	      Fanie, skoonseun, ‘n kliniese tegnoloog in               	                         parfisie by East Londen Private Hospital.  Estiaan en  			            Franco is sy seuntjies.


Victor, skoonseun, en dieregesondheidstegnikus in Petrusburg.
Kristian is sy seuntjie.
		
Tiaan, laslappie skoonseun, ‘n klieniese ingeneursdienste tegnikus by             Universitas Hospitaal in Bloemfontein. Sy seuntjie is Marco.







	Marco			Estiaan			Franco		Kristian
(Genade, jy is skatryk Vrou!  Geniet hulle !)
Henda Heathorn sê . . .
Ouma se 4 oogappels!!!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Soos almal in die familie weet het hy ‘n hartjie van goud.  
Ek is baie gelukkig om ‘n pa soos hy te hê.  
Hy het my geleer hoe die wêreld werk.  
Wanneer my hartjie seer was/is oor iets 
kan ek hom altyd bel en hy sal daar wees vir my.
Hy is ‘n wonderlike mens 
en ek dank elke dag vir Liewe Jesus dat hy hom gekies het om my Pa te wees.
Ek is baie lief vir hom en pa’s soos hy hoort op ‘n voetstuk.
Die man in my lewe is my Pappa:
FANIE GROBBELAAR
Liefde, Mareli
Mareli Grobbelaar sê . . .



Manne in my lewe?  Ek kan hulle in ’n neutedop beskryf :  
 DIE DRIE  MUSKETEERS!       
Elkeen met sy volle mondering, gereed  vir aksie, soms baie stil en dan weer met groot lawaai.
Dan is daar een wat grootmens is . . . 
een wat oefen om een te wees  . . .
en een wat hulle soms altwee roer! 
“JUST BECAUSE A PERSON GROWS OLDER ,  DOESN’T MEAN HE NECESSARILY GROWS UP” 
Die beste een lui;
”Dads know more about things that you’d credit. Only it is best to check before you hand it in as homework!”  
Die oudste laat my vielig voel,soos n rots.
Die middel laaaangste een,word 16, met n klein hartjie 
en  dan  n mensie met die regopste lyfie en skouertjies  wat  die oog nie kan mis nie!
Hoe kan ek een uitsonder, want aldrie is ewe KOSBAAR en   ONONTBEERLIK vir my menswees! (hulle gaan ook nie daarvan hou as ek een voortrek nie) 
Ek moet  name koppel.   Ook nie regtig nodig nie . . .  
PIETER
 PWEE( SOOS OUMA HEILA HOM GENOEM HET) 
 en  HENKO (VERNOEM NA SY OUPA BRAND)  
Ek het bewondering  vir hoe elkeen  op sy eie en dan weer so van mekaar afhanklik, funksioneer.   PSSSSST: MEISIEKINNERS, EK MIS  JULLE  KWAAI!!              
Oggie Borstlap sê . . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Carien Fourie sê . . .
In geen spesifieke rangorde van belangrikheid nie hier is ietsie meer oor die manne in my lewe:
Oupa Kraai 
Sjoe, as ek aan Pappa dink is die eerste gedagtes wat deur my brein flits: Sy een wenkbrou wat sak as hy “kamstig” kwaai is en die lip wat al skewer trek sodat hy nie lag nie.
En dan : “Katrina” en ek weet nou is ek in die moeilikheid.
Ander beskrywings wat pas:
My “ja” is my “ja”
Groot man
Klein hart
Mashume (man wat steun)
Lekker lag dat die trane loop as ons gesels oor die “ou” dae en al die stoutighede wat hy en die ander kinders aangevang het.
Min woorde, BAIE dade.
Werksesel
Liefde vir sy familie wat onder andere gewys word in die trane wat hy so stil stil stort  en die wegraak van sy stem as hy bel en belangrike nuus het om te deel.
Ek  is so dankbaar dat die liewe Vader vir my so ‘n wonderlike sagte omgee Pappa gegee het om hier op aarde na my te kyk.

Ouboet Herman – Dis my enigste boeta

Net soos my Pa en ook myself is hy ‘n man van min woorde.  
As ek aan my kleintyd onthou van hom moet vaspen, dan sien ek hom in army klere en kan ek nie wag vir die brief wat dan en wan van die grens af gekom het nie.  
My maatjies wou net altyd groot oog die nuutste nuus vars van die grens hoor.
En wie het my, my eerste bestuursles gegee toe ek maar net ‘n baksteen hoog was, en dit in jou BMW?!  
Sjoe, hy was my hero. Ja en toe het ek nie geweet hoe om te stop nie, en ons  is toe amper in die kanaal in…
Ons praat wel min, maar daar word mos baie gesê: Minder is meer.  
Hy gee betekenis aan dié stelling vir my in my lewe.
Hy is altyd daar, altyd met n glimlag en altyd met ‘n plan.

Ouboet: Jou leuse is ook my leuse:  Aanhouer wen!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Carien Fourie sê verder . . Neels (my enigste beste sussie se man)
As ek aan Neels dink kan ek boeke vol skryf.  
Dit sal begin by die vae onthou van Neels wat lyk soos ‘n groot marsman in ‘n stuk gips om sy     bo-lyf.  
En dan  natuurlik ook die onthou van Neels in die dae toe ons in PE gewerk het.  
Ons het niemand ooit geweet wanneer Neels kantoor besoek kom doen nie, maar glo my as hy eers geland het by een van die kantore het almal binne sekondes geweet hy is in PE!
Een van die belangrikste lesse in my beroepslewe het ek ook by Neels geleer:  “Moenie geleenthede van mense wegneem nie.  Soek eerder vir ‘n oplossing… “

Dankie Neels, dat ek soveel aanvaarding, inspirasie en liefde ook van jou kon ontvang.
Dan die manne in my binnekring
Eben – My liefste man

My gebed vir ‘n man was:
Liewe Heer, stuur asseblief ‘n man vir my wat 
U ken
lief sal wees vir my soos wat ek is.
lief sal wees vir ons kinders, sou U ons seën met kinders
Die Here het my gebed verhoor en my dit alles gegee en nog baie meer.

Eben….
Dankie vir die leiding van jy in ons huis neem, dat jy standpunt inneem en staan vir wat reg is in die lewe.  
Dankie vir die wonderlike voorbeeld wat jy vir ons seuns stel en hulle elke dag leer van die liefde van ons hemelse Pappa.
Dankie dat jy vir my lief is, veel meer as net ‘n “sê vir jou liefde”, maar dat jy elke dag meer en meer gestalte gee aan ‘n “wys jou liefde”.
Dankie dat jy my aanvaar het vir wie ek is, en dat jy my vroumens nukke so goed verstaan en dat jy my ook die ruimte gee om te kan stil wees, wanneer ek dit so brood nodig het.
Dankie vir die groot stuk liefde wat jy leef teenoor ons twee seuns…  Hulle kon nie vir n beter Pa gevra het niet.

Ek droom steeds die droom van die twee van ons op ons oudag, waar ons saam oor die strand stap met my hand veilig in joune toegevou. . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Carien Fourie sê verder . . Dan my twee liefling seuns en die GROOTSTE, WONDERLIKSE geskenke wat ek in my lewe ontvang het.
Divan – Ons ouboet in die huis.
…  Ouboet, die dag toe jy jou eerste asemteug geneem het, het my lewe onherroeplik verander.     Jy het my en Pappa se lewens kom vul met skaterlaggies diep uit jou maag.

Ai toggie sug…  Jy het so gou groot geword. 

Mamma onthou nog hoe jy ons vertel het van die “pompilanse” (ambulanse) wat raas en jou         deurnag vertel van Rooi Kappie en die Wolf en ook van hoe ek en Pappa ons geld mors om so baie kos by McDonalds te koop.

Ouboet, bly die wonderlike mens wat jy is.  Bou op die basis van omgee vir ander mense, mooi maniere en leergierigheid.  Dit sal jou ver in die lewe bring. 
Jonre – My groot “babatjie”

…  Seuna, jy sal altyd my kleinste bly, al sal jy seker eendag langer as Mamma word.  
Jy het klein klein al seker gemaak dat ons weet dat jy weet wat jy in die lewe wil hê.  
As jy honger was, was dit vir roomys en nie vir groente nie.  Jou magie het jou vertel presies watter sjokolade hy voor honger was en dit was nie ‘n appel of piesang geur nie!
Jy is ons huis se eie hofnar!  Altyd ‘n grappie vir wanneer dinge te ernstig begin raak.

Dankie vir die sonskyn wat jy in ons lewens bring.  
Hierdie was vir my so kostelik en ek wil dit  graag opdra aan al die manne.
Wat is ‘n Pa ?
(deur die oë van ‘n kind)
  
Pa’s werk baie hart en het baie papier gelt.  Pa’s hou baie van teevee kyk op Saterdag.

Pa’s wil slaap op Sondag. Pa’s maak braaivlys vir kos en is sterk en sê hille is die baas.

Pa’s het visstokke, grawe en baie anner goet in die graatsh en hille vee nie uit en stof af nie. Pa’s lees as hille kamer verlaat.

Pa’s hou van tannies wat nie gelt het vir kleere nie en wat net kostjums dra.

Pa’s gee hart pak as ma so sê. Pa’s gaan op  vikansie en vat ma’s en kinners altyt saam. Hille krap hille gesigte skoon want dit wort vol hare as hule slaap.

Pa’s werk altyt as kinners iets wil doen, en het baie werk vir kinners. Ma’s het ook baie werk vir pa’s. Pa’s is kwaai maar hille is bang vir ma’s.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek het 5 belangrike mans in my lewe.      
Eerstens :  Onse Hemelse Vader.  
Ek wil net baie Dankie se dat Hy ons gely het met die grootste stap in ons gesin se lewe.  Dankie dat ons veilig in Australia geland het en dat ons by sulke goeie mense 'n werk gekry het.  Dankie vir my 3 kinders en 'n Wonderlike man.   
Tweedens: My Liefste man Martin.   Ek en hy is al 23 jaar lank getroud, en is nou 6 maande in Australia, saam met ons 2 dogters, Lindy en Rene. 
Martin werk by 'n Boer in Esperance waar hy ook boer soos wat ons in Magogong gedoen het.  Hy geniet sy werk vreeslik en hy geniet die rustigheid en kalmte van die omgewing.    
Ons troudag was beslis die wonderlikste herinneringe wat ek aan kan dink, maar daar is nog vele meer.  
Ek het die grootste respek vir Martin omdat hy altyd Ons Hemelse Vader 1e in sy lewe sit, en ook vir die manier wat hy my en die kinders en ook ander mense behandel. Engel my wens aan jou is dat Onse Vader jou nog baie baie lank vir ons sal leen, en dat al jou drome bewaarheid sal word.   
Derdens : My seun Marco hy word 23 die 12 Augustus.   Die belangrikste oomblik wat ek van hom onthou is die dag toe hy gebore is en sy ogies vir die 1e keer oopgemaak het en in my oë gekyk het.  
Marco werk tans vir iemand waar hy help om Pivots op te rig, en te herstel.  Hy het ook so 2 weke terug by ons in Australia (Esperance) kom kuier.  Ons het dit so geniet om hom hier te hê.   
Ek respekteer Marco ook vir die manier wat hy mense behandel (seker by sy Pa geleer).  
My wens vir Marco is dat hy gelukkig sal wees in sy nuwe werk, en dat hy en Philmarie (Meisie in sy lewe) gou vir ons sal kom kuier.  En ook dat al sy drome bewaar sal word.   
Vierdens : My eie Pa. Pappa is die grootste voorbeeld wat ek gehad het en as ek aan hom dink het ek die grootste respek vir hom omdat hy altyd my Ma en vir my met die grootste liefde en       beskerming behandel het. Dit was altyd vir hom belangrik dat my Ma, ek en my Boetie veilig was en baie liefde gehad het.  
My Pa en Ma het so jaar terug Magogong toe getrek om bietjie rustiger te raak.  Hy het hulle Slaghuis in Pretoria waar hy en my Ma hulle hele lewe lank gewerk het verkoop, en rustig kom raak op Magogong.    
My wens vir my Pa is dat ek hy net lekker rustig sal raak en die lewe van vooraf sal geniet en net al die Liefde wat na hom toe kom te geniet.   
Vyfdens :  My Skoonpa Awie Viviers. Hy en my skoonma, Susan Viviers, bly tans in Huis Teresa in Hartswater,  Die 1e herinnering wat ek van hom het is die 1e keer wat Martin my huistoe gevat het om hulle te ontmoet,  Hy het my in sy arms gevat en 'n lekker harde druk gegee en gesê : “Welkom in ons Familie.” 
Pa Awie is ook nou bietjie rustiger maar daar is altyd iemand wat kom hulp vra om gehelp te word want hy kan enige iets regmaak of 'n plan maak om te reg te kry.  Ek onthou net hoe hard hy altyd gewerk het.   My wens is dat Pa Awie sal rustig raak en die lewe geniet saam Ma Susan, en dat     ander nou die werk sal oorneem.    
Dan Laaste wil ek net Dankie sê vir al die Manne in my Lewe.  Dankie vir al die Liefde, Raad,    Ondersteuning, en al die Skouers waarop ek al gehuil het.   
ONTHOU EK IS BAIE LIEF VIR ELKEEN VAN JULLE.   LIEFDE ANNELEEN
(Dankie Anneleen.  Anneleen is ‘n nuwe Laslappie-leser en neem sommer al klaar aktief deel.  Dis baie lekker.  Ek het ook mooi memories van jou Skoonpa, Oom Awie.  Hy het altyd, toe hy op die sentrale gewerk het, vir Neels so lekker LAAAAAANK met my laat praat as hy van Secunda af gebel het toe ons nog “gevry” het na mekaar. Wonderlike mens!)
Anneleen Viviers sê. . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vir elke kind is sy pa maar seker die wonderlikste, mees praktiese mens op aarde. Ons Olivier'tjies se pa, Herman, is 'n fantastiese man. Hy't my geleer van aanhouer wen, meer geduld te hê en as jy glo sal dinge gebeur. Hy is al deur diep waters en elke keer het hy net nog 'n beter terugkoms    gehad. 
Hy het die mooiste spierwit hare, wat menigte vrou se bene lam maak. Hy is mal oor sy middagslapie, droëwors en biltong en sorg altyd dat ek ook 'n    stukkie kry as ek gaan kuier. Hy stel ander se     behoeftes bo sy eie en het nog altyd gesorg dat ons alles kry wat ons nodig het. Hy het, toe ons nog in die skool was, elke oggend vir ons pap in die bed gebring en hy doen dit nou nog vir klein Herman. Ons is eintlik lekker bederf!! Jy kan nou nog in die middel van die nag, as jy hom deur sy gesnork kan wakker kry,vir hom iets vra en hy sal dit vir jou doen.
Sy kos is die beste. Dit is altyd klomp goed bymekaar gegooi en jy sal nooit weer dieselfde resep of smaak weer presies so kry nie. Elke Sondag is dit braai tyd, net steak is die beste en natuurlik sy famous gebakte aartappel met hompe knoffel botter daarin.
My pa is die BESTE PA ooit, hy kom reg met min slaap, hy werk baie hard en het werkskoene      vervang met 'n lekker paar crocs of so nou en dan slippers vir die ou seer toon!! Hy het nog nooit moed opgegee nie en het 'n plan vir alles. Waar kom die planne vandaan? Hy sê hy droom van sy planne en patente gedurende sy middagslapie. 

Baie lief vir jou DADDA! Heloïse, Anine en Herman.
Heloïse Jusjong (Olivier) sê . . .
Ek is geseën met drie wonderlike mans in my lewe  -  behalwe natuurlik al die wonderlike mansvriende.  
Laurence  -  my begin en einde.  Sonder sy bystand, ondersteuning, liefde, kwaai wees met die kinders, verstaan, geterg, aanneem van my familie, stilwees tye saam  -   is my lewe leeg en sonder betekenis.  Woorde kan nooit beskryf hoe lief ek hom het, en wat hy vir my beteken nie.  
 John-Louis  -  my oudste "seun" en laatlam boetie.  Lalla is van geboorte af onlosmaaklik deel van my, hoewel ek nie sy ma is nie.  Al die nagte wat ek vir hom opgestaan het as baba, sy skoolloopbaan (St 5 tot Matriek), opleiding en loopbaan, en sy dag tot dag menswees, het my voorberei op my rol as regte ma, en van my die mens gemaak wat ek vandag die.  Ek is oneindig baie lief vir hom.
 En dan natuurlik Johann  -  my blou-oog "Tokkels".  (En nou wil en natuurlik grens!)  Niemand sal ooit die spesiale band tussen my en Johann kan verstaan nie.  Johann het met sy skaam     glimlag, sagte geaardheid en "onbeholpenheid" 'n plekkie in my hart ingeneem waaruit hy nooit sal kan kom nie.  
 Hierdie drie "mans" is elkeen afsonderlik so uniek en wonderlik, maar tog ook gesamentlik 'n span wat sonder veel "effort" my voete onder my uitslaan.
 Dankie Liewe Jesus vir hierdie drie mense wat rigting en sin aan my lewe gee. 
(Nadya en Laurence is goeie vriende uit Hartswater.  Hulle woon nou in Kimberley en is eintlik maar ons familie in Christus.  Hulle het die drie pragtigste kinders en natuurlik ons almal se liefling John-Louis, Nadya se broer, wat ook by hulle woon.  Dankie Nadya, jy is nou amptelik ook op die LASLAPPIE verspreidingslys)
Nadya van Heerden sê . . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ello Hanlie, ai toggie ek het so baie manne in my lewe!!!! 

Sal ek by die eerste een begin (die een wat ek al 41 jaar by slaap). Miskien langer hê hê. Net ek sal weet nê! Ek het Johan ontmoet toe hy in die Lugmag was en ek nog op skool in st. 8.  Hy was op diens by die kamp waar hy gestationeer was -  Voortrekkerhoogte. Ek was saam met ‘n vriendin by die skool se debat. Haar kêrel en Johan was saam in die Lugmag en ek is toe voorgestel aan hom. ‘n Week later (dit was ‘n naweek) kom die Renaultjie daar aangery by ons huis en verder is geskiedenis. 
(O ja hy het 13 keer vanaf die Kaap tot in Pretoria met die Volla op die fotogery) Twee jaar later is ons getroud en hy het gaan werk in Welkom op die myn. Ons het 3 pragtige kinders . Ek wil net vir hom sê baie dankie, ek dink ons het wel gedaan.  
Johan is ‘n man van min woorde maar as hy gesels dan luister jy. Hy was ‘n baie goeie atleet op skool en in die Lugmag. Na ons getroud is het hy begin marathons hardloop. Hy het al 13 Comrades gehardloop maar net 9 klaar gemaak a.g.v. geelsig wat hy gehad het. 

Hy maak nie maklik vriende nie (want sy mond is nie so groot soos myne nie). Ons het baie moeilike tye al saam deurmaak, ek dink soos met almal maar een of ander stadium in ‘n huwelik. Maar ek dink as die Groot Meester in beheer is maak hy alles makliker. Hy is bevoorreg om nog te kan werk, sy gesondheid is baie goed.(hy drink nog nie eers bloedruk pille nie)! Ons werk albei vir Scanfin in Oos Londen! 

Johan was nooit lief vir honde in die huis nie totdat ou Pote in sy lewe gekom het, wat ‘n dierbare hond was dit nie.  Hy het altyd op sy skoot gesit! Orals ge-agtervolg,  was verskriklik lief vir n BAL! Almal was lief vir ou pote en hy is seker een van die min honde wat omtrent die hele Suid-Afrika gesien het. 
Neelsie onthou jy toe ons eendag by Ohagans gaan eet het .(Neels was mal oor hulle sea-food platter).  Ou Pote was ook daar,  die bestuurder het tot vir hom ‘n “doggie” bag gebring!. 
Toe Neels-hulle by ons kom oornag het,  het Lohan gehuil toe hulle gery het, wil net vir Pote saamneem!! 
Pote was een van die gelukkige diere wat die ouderdom van 15 jaar behaal het.  Nooit siek geword nie want hy was nie pedigree nie, sy ma was ‘n hond en sy pa was ‘n hond! Johannes,  Johan het die voorreg gehad om saam met julle te gaan jag ek glo jy kan dit nog onthou daar het hy sy eerste bok geskiet hy was nie bietjie trots nie!!!  Baie dankie daarvoor! 
Ek wil net sê, Johan baie dankie vir die alles wat jy vir ONS familie beteken het hierdie laaste paar jaar. Dankie dat jy vir ons kon lyding gee ons waardeer dit.! 
Tannie Maya sê . . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die 2de man is my Pa. Hy is hierdie jaar as hy gespaar word 82 en is op die oomblik baie siek .  (Hy was in die oorlog gewees) Hy het vir ons vreeslik baie vertel oor die oorlog,  altyd geloop en sing die oorlog liedjies soos “Lilly Marlene” ens! 
Ek het eendag vir hom gesê, toe was ek nog ‘n kinders! Die dag as hy nie meer daar is nie sal ek vir hom een van daai liedjies sing! 
Met sy 81ste verjaardag was ons almal by hulle en toe vra hy my onthou jy jou belofte toe sing ons die liedjie saam,  ek was nie hartseer nie want ek dink om daai ouderdom te bereik is absoluut ‘n Bonus!!!  Ons het onder moeilike omstandighede grootgeword, maar aan die einde van die dag het ons baie geleer.  Wat is reg en wat is verkeerd. 
Man no 3 - was my Skoonpa. Wat ‘n wonderlike man! Hy is ‘n paar jaar gelede oorlede. Ons mis hom baie. Hy  was baie na aan my hart. Altyd ‘n grappie of  2 gehad. Netjies aangetrek altyd hy was ‘n regte “gentleman.”     
Man no 4 is ons seun Elwin. Hy is n diabeet van geboorte af. Johan kon eintlik nooit iets saam met hom doen nie. So manne wat seuns het, en hulle is gesond, geniet hulle dit is nogal ‘n groot gemis as jy weet jy het ‘n seun maar hy moet opgepas word!  
Dit was nie ‘n  maklike taak om hom groot te maak nie. Destyds het die dokters  vir ons gesê hy gaan nie ouer as 7 jaar word nie. En kyk nou net hy is een van die dae 40! Wat ‘n fees om saam met hom te wees. 
Hy is so vol adrenalien. Pak enige ding aan van motorfietse tot karre uitmekaar maak en regmaak.  Sy lewens uitkyk is so fantasties. Elke dag is vir hom ‘n bonus! Pieter Borstlap onthou jy toe hy nog op skool was. Toe leen hy jou motorfiets om inry toe te gaan!!!!!!!!!! Ons het van niks geweet nie. Maande daarna eers uitgevind!!!!  Baie dankie vir Johan wat nou groot maats is met Elwin. Dit is wonderlik om hulle saam te sien en die belangstelling in karre ens, dit is ‘n droom wat waar geword het. Baie dankie! Die 5de man is my ander seun Wicus!!!!  Ai Seuna, ons is baie lief vir jou. Jy was ook van kleins af lief vir motorfietse!!!!  Onthou jy hoe jy altyd saam met oom Johan geloop het.  Julle het altyd so lekker gesels.  Johan het altyd gesê Wicus was nooit klein nie. Hy kon ure met hom gesels.  Eendag moes Johan toilet toe gaan hy se vir Wicus hy gaan net gou fluit!  Wicus wag toe by die deur buitekant en vra later “maar wanneer begin oom Johan dan nou fluit.” Julle het altyd die “sawwe lywe” beloer op die strand.   Ek glo hy gaan eendag in sy pa se voetspore volg!! 
Die 6de man in my lewe is Johannes.  Ai toggie ou buurman, jy het al soveel vir hierdie familie beteken, ons weet nie eers waar om te begin nie. Net ‘n Groot dankie. Daar is nie ander woorde nie. Johannes ons is almal baie lief vir jou (moenie stres nie bokkie).  Om saam met jou te werk is een ding maar om saam te kuier is ‘n missie, want jy het net so baie adrennalien!!!!  Johannes het ook die comrades saam met Johan gehardloop.  
Tannie Maya sê  verder. . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Op ‘n keer was Pieter en Oggie ook saam.  Pieter het foto’s geneem. Hy kan dit baie goed doen. Pieter het ook Elwin se troufotos geneem.  Dit is altyd lekker om saam met julle te wees en hou dit so moet nooit verander nie.   Pieter ek onthou ook elke jaar jou verjaardag. Ek sal dit nie maklik vergeet nie want dit is op nuwejaar! 
Die 7de man is ou Neelsie!   Ai ou Neelsie dankie vir al die lekker tye as jy kom kuier het.  
Dit was altyd ‘n fees.  Dit is ook altyd lekker om met jou iets te bespreek.  Die predikant sy van die saak kom dan uit want jy kan dit baie goed verduidelik, wat ookal die probleem is.  Die persoon wat daarna nie verstaan “ wil dan nie weet nie” Baie dankie daarvoor!!!   Ek hoop Hanlie het vir jou ‘n goeie kussing wat jy op sit want jy sal deurnag sit totdat jy ‘n probleem opgelos het. 
8ste is ou Eben.  Ai ou Eben, ons verlang so!   Jy is ‘n mens op jou eie.  Tipies onderwyser!! Dankie vir al die lekke kuiertjies in P.E.  Ons het altyd daar oornag dit was altyd lekker. 
Laaste maar nie die minste ou Fanie. Hy ken van tuinmaak!  Hy het seker een van die mooiste tuine in Oos Londen.  Clivias groei hy self.  Dit staan potte vol by Kaizer Beach.  Fanie is Henda se skoonseun!  Hulle is nog jonk, maar het baie tyd vir ouer mense soos ons. Dankie daarvoor.  Hulle laat ons nie soos ou-mense voel nie. Dit is fantasties ‘n mens is maar sensitief oor die ouderdom. Die gees is gewillig maar die vlees nie nê! Ron dit was lekke om saam met jou rugby te kyk jy was van die begin af nooit vreemd nie.  Net ingepas. Baie dankie daarvoor. Dit voel of jy maar altyd daar was! 

Ek wil net graag ‘n ware storie met julle deel . My pa het dit altyd vir ons vertel toe ons nog in die huis was en rusie gemaak het oor mededeelsaamheid. 
Toe hy in die oorlog was, was hy deel van ‘n groep wat die bomme op die vliegtuie gelaai het. Elkeen het 6 vliegtuie gehad. As hulle vertrek dan sit jy maar en wag om te sien hoeveel  kom terug Hy sê dit was vreeslik, die spanning. Jy is maar te bly as van hulle terugkom, maar dit is maar hartseer die res is afgeskiet! 
Eendag het 2 vlieëniers ‘n onderonsie gehad voordat hulle vertrek het.  Die een sê toe vir die ander een “ek wens jy vrek”!   Die vliënier wat die lelike woorde gesê het,  het veilig teruggekom.  Die ander een nie! Sy vliegtuig is afgeskiet! Die vlieënier het selfmoord gepleeg, kon nie met sy gewete saamleef nie! 
Hoekom onthou ‘n mens dit? Dit is ‘n duur les om te leer.  Woorde maak seerder as wat mens dink. Daarmee wil ek sê, dink maar partykeer voor jy praat of loop ‘n draai of tel tot tien.  Dit help nogal! 
Aan al die vaders geniet julle kinders!!!! Dit is so belangrik. Wees hulle pel ,dis wat hulle soek.   Mag julle almal ‘n wonderlike vadersdag beleef.
Hoop julle word lekke bederf! 
Pieter Grobbelaar ons dink aan julle dis jou eerste Vadersdag sonder jou pragtige dogter. Gelukkig weet ons sy is veilig waar sy is!  Sterkte!  
Ek het 2 wense wat ek hoop nog sal realiseer! No 1, ek wil nog net graag een keer saam met die Borstlap manne rugby kyk.   Dis ‘n fees!  En No 2,  om saam met die 3 susters (Greyling) te gaan toer ek dink dis n lekke ondervinding!  EISH! Nou is ek klaar!! LOVIES!!!!!!!!!
Ps. (My naam het Tannie Maya geword want die Borstlap kinders kon nie my naam uitspreek nie! Toe is ek gedoop soos die program op tv “Maya the bee” ) .
Lovies, Marion


Tannie Maya sê  verder. . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nou waar sal ek begin? Ek en Johannes ken mekaar al lewenslank. Toe ek nog sulke maer beentjies gehad het.  Volgens hom is dit nou stampertjies. Ons het begin uitgaan toe ek in St 9 was.  Verloof geraak in my 4e jaar en aan die einde van daardie jaar getrou. Vreeslik arm het ons die getroude lewe aangepak en na 'n jaar Secunda toe verhuis.  En hier is ons nou nog.
Wat kan ek alles van hom sê? 'n Vreeslike harde werker en iemand wat as hy 'n ding aanpak, 'n sukses daarvan maak. Hy gooi nie sommer handdoek in nie. As hy 4 wiel ry, ry hy ordentlik en val homself in die hospitaal in. In die jare van motorfiets ry, het hy darem net eenmaal vreeslik seer geval.  Die ander kere was hy net potblou.
Nou is sy vliegtuig vir hom 'n groot plesier. Hy kry net nie genoeg tyd daarvoor nie. Die        brandblussers hou hom te besig. Hierdie besigheid bestuur hy met groot ywer en skroom nie om die hardste hande-arbeid te doen nie.
 Hy is 'n baie goeie pa en sal nog toegee as ek keer. As hy nie vir die kinders wil nee sê nie, word hulle na my toe gestuur. Meeste van die tyd sal hulle nie eers kom vra nie, want hulle weet.  Hy is die een met die sagte hart en sal altyd wil help. Hy het deur die jare baie hard gewerk om vir sy gesin voorsiening te maak en doen dit nogsteeds.  Met die kinders eintlik al uit die huis, soort van, geniet ons ons honde vreeslik en bederf hulle die afgrond in.  Gelukkig is hy net so lief vir toer en ons doen dit so gereeld as wat ons kan.
 Ons het mekaar ook maar al goed geskaaf deur die jare, maar is   vreeslik lief vir mekaar, foute en al.  Sy gesin is vir hom belangrik en hy maak altyd tyd vir ons. Hy kan maar goed kwaai wees, maar vergewe en vergeet baie vinnig. Hy is iemand wat nooit 'n wrok koester nie en sal na 'n terugslag aangaan asof niks gebeur het nie. Ek en die kinders is vreeslik lief vir hom en sal hom nooit verruil nie. Hy bly my ou Bokka!
Santie Borstlap sê . . .



En my ou groot seun? 
Wicus werk sy aan sy met sy pa en is altyd bereid om te help. 
Hy het in 'n kort tydjie vreeslik vinnig groot geword en is 'n  staatmaker by die werk. My mond hang oop as ek sien wat hy alles van 'n rekenaar af weet. 
Ek is nou nie meer die uitverkore vrou in sy lewe nie. Sinette het daardie plekkie ingeneem, maar dis reg so. 
Ek is baie trots op hom  en kan nie glo dat hy so vinnig volwasse geword het nie. 
Ek bly nog soek na die witkop seuntjie. 
Hy word hierdie jaar 21. 
Hulle het groot geword en ons oud! 
Santie Borstlap sê . . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek is een van die gelukkigste vroue in die lewe, ek het nie net 1 baie spesiale man in my lewe nie maar ek het nog 4 wat op sy eie unieke manier vir my baie spesiaal is.
Hier kom dit:
NO. 1  : Chris Roodt, ons sal op 24 September 2007, presies 13 jaar getroud wees. Hy is ‘n ambagsman by die Oranje Hospitaal (Kan-nie-help-nie, soos hy sal sê). Hy is absoluut gek oor hengel, pasop as jy begin vis praat. Ek verruil hom vir niks en niemand nie, daar is vir my net een Chrisjan. As ek vir hom vertel ek is lief vir hom is sy woorde altyd : “Want ek is die koning”. Ek sal liewers nie my antwoord gee nie.

NO. 2 : Naas Roodt, ons seun, geen ouer kan vir ‘n beter seun vra as hy nie. As Ouma Heila nog met ons was sou sy ‘n hele paar bladsye vol kon skryf. Ek wil liewers nie begin nie want ek sou nie veel minder van hom kon sê nie. Hy is altyd daar met ‘n simpatieke oor, sy hande staan vir niks verkeerd nie. Dis hoekom ek dit geniet as hy by ons kom kuier, dan stap ek elke keer in ‘n nuwe huis in. Hy kan alles omtower en hou van mooi dinge in die lewe, skilderye, ens. Dankie, my lief vir jou, ma is baie, baie lief vir jou en jy is ekstra spesiaal.


NO. 3 : Louis Roodt, Buks se oudste: Louis is nou amper 18 jaar. Hy en Jan is al so 12 jaar deel van my lewe. Hy is nou 5 jaar my kind. Louis is ‘n stil, vriendelike mens,    werklik ‘n plesier om in die huis te hê. Hy hengel ook en spaar net om sy eie motorfiets te koop.

NO. 4 : Jan Roodt, Louis se broer. Jan is nou in Graad 10 en 16 jaar. Hy het hierdie jaar      Vrystaat Junior A span gekry in Hengel. Jan is ‘n alleen-mens, hou daarvan om sy eie ding te doen, wat nogaals lekker konflik in die Roodt-huis kan  veroorsaak. Jan aard blykbaar na sy pa Buks. Ek is vir hulle altwee baie lief.




NO.5 : Jayden Roodt – amper 2 maande oud. Sy ouma se hele lewe op die oomblik. Hy kan my so vas in die oë kyk, as ek met hom praat, so asof hy elke woord inneem wat ek sê. Ons (ek en oupa Chris) wil nog nie daaraan dink as ma Chêrish uit die huis moet gaan nie. Jaydie, Ouma en Oupa is mal oor jou.
Rentia Roodt sê . . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Liewe Laslappie Lesers
Toe ek eers begin dink aan die man in my lewe, het ek besef dat daar defnitief nie net een is nie. Ek sal julle so ‘n kort agtergrond van elkeen gee.
Elkeen van die manne het ‘n baie spesiale plekkie in my hart, en ek kan my lewe nie indink sonder een van hulle nie.
Die eerste man wat in my lewe gekom het en nou reeds vir 31 jaar is, is my Pa, DawieVorster. Nou ook bekend as Pappa, Oupa Daaf, en Joalize noem hom sommer partykeer Oom.
Hy vertel altyd die storie van toe ek gebore is en hy my moes gaan registreer by Binnelandse sake, het ‘n vriendin hom in die straat sien loop en hy kon nie   ophou glimlag, van oor tot oor, oor hierdie nuwe   dogtertjie wat hy ryker geword het nie.(dis nou ek)
So sal ek altyd my Pa onthou. Trots op alles wat ons kinders doen en altyd bereid om te luister en raad te gee.
Gedurende my skooljare, en nou nog,  het hy my in alles        ondersteun, en ek onthou die nagte wat ek moes swot en as hy hier by 11 uur sien ek raak nou moeg, dan het hy my swembad toe gejaag dat ek eers weer wakker word.
Hy is die mens in my lewe met die meeste geduld wat ek nog teegekom het en daarvoor het ek ongelooflike respek vir hom. Hy is ‘n nederige en Godvresende man en ‘n ware vriend en sielsgenoot vir my Ma.
Pappa, ek is vreeslik baie lief vir jou en ek is ontsettend dankbaar vir die voorreg dat jy nog gespaar gebly het sodat jy ook ‘n oupa vir ons kinders se kinders kan wees. Dankie dat jy so ‘n liewe oupa is en weer kind word as hulle by jou is. Jy is baie spesiaal!!!
Die tweede man wat so twaalf jaar gelede in my lewe gekom het en nou al vir 8 jaar my Pa is, is Gerrie Van Niekerk, my skoonpa.   Maar hy is nie ‘n skoonpa nie, hy is my ander nuwe Pa. Hy sien my ook nie as sy skoondogter nie maar as sy dogter.
Pa Gerrie is ‘n wonderlike mens wat vreeslik baie waarde heg aan familie en herinneringe en jy sal hom altyd sien met sy videokamera besig om herinneringe bymekaar te maak. 
Hy is mal oor sy kleinkinders en jy sal hom altyd hoor spog oor wat die twee (Chrizahn en Nicolaas) bereik het. Hulle draai hom natuurlik ook lekker om hulle pinkies.
Ek en Pa Gerrie deel ‘n groot liefde vir Musiek en die dae wat ek op my keyboard en hy op sy kitaar speel en dan sing ons lekker saam, sal my altyd bybly.
Pa Gerrie, ek is baie lief vir Pa. Baie dankie dat Pa vir Ma so mooi versorg en ondersteun het na haar rug operasie. Dankie dat Pa altyd in ons glo en ons ondersteun in alles wat ons aanpak. 
Pa is ‘n Pa 1000!!
Heila van Niekerk sê . . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

My boetie, wat nou al 25 is, is volgende; Dawid Vorster. Hy sal maar altyd my “boetie” bly al is hy nou reeds al lankal groot.
Dawid werk nou vir ons by CCV en hy het die groot uitdaging, die nuwe aambag van duikdruk met altwee arms aangegryp en oefen vreeslik hard.
As ek in die aande en oor naweke by hom aankom sit hy in die garage en oefen. Sterkte my Boet en mooi so ek weet jy gaan die kuns een van die dae vervolmaak.
Die boetie van my het ‘n ongelooflike verhouding met die Here en leef baie naby aan Hom. Ek wens partykeer ek kan soos hy so alles aan die Here oorgee en vertrou. 
My Pa sê altyd: Die Dawid se geloof is nog soos dit moet wees; soos die van ‘n kind. Hy het so twee weke terug die Alfa Kursus se geestelike kamp bygewoon, en daar wonderwerke beleef en weer opnuut die Here se nabyheid beleef.My Boet ek is vreeslik lief vir jou en baie trots op jou. 
Ek is baie bly dat dit goed gaan met jou. 
Dan is dit my man, Anton Van Niekerk….my beste pel, die Pa van my kinders en die GROOT LIEFDE van my lewe. Ons ken mekaar nou so 12 jaar en sal September 8 jaar getroud wees. Ons bynaam vir mekaar is Vannie (spreek dit uit waannie) dis nou afgely van Van Niekerk en al ons vriende noem ons ook al so.
Die eerste ding wat by my opkom as ek aan Anton dink, is sy ongelooflike liefde vir die lewe, alles omtrent die lewe. Hy is altyd besig met iets. Van  kuier, Bike ry,  4x4, jag, visvang tot radarbeheer karretjies en natuurlik werk, wat hy baie toegewyd doen. By hom is daar nie iets soos ‘n Sondagmiddag slaapie nie, want die lewe en ‘n naweek is te kort om so te mors.
Ek is baie trots op hom as ek dink dat ek hom ontmoet het as ‘n stoorman wat vir Tren Tyre gewerk het, en vandag met baie harde werk, bietjie geluk en soms baie groot risiko’s, is hy ‘n suksesvolle     besigheidsman. Ek sê altyd vir hom as hy wil kanse vat, hy is die vlieër wat daarbo vlieg en soms skep die wind die vlieër dan wil hy sulke woeste draai maak, en dan is ek die seuntjie wat hier onder staan en net die vlieër so bietjie moet pluk dat dit weer mooi vlieg.
Iets wat ek baie respekteer van Anton is sy ongelooflike gevoel vir mense. Hy is nou werklik ‘n mense mens. Hy sal altyd tyd maak vir ander, of dit nou naby familie, vriende of werksmense is, en hy het altyd empatie met ander.
Hy is mal oor ons seuntjie Nicolaas en noem hom my pel. Hulle aard so baie na mekaar en ek dink dit pas vir Anton soos ‘n handskoen. Nou het hy altyd iemand om iets mee saam te doen as mamma nie wil nie.
Daar was baie wonderlike tye saam maar ‘n paar hoogtepunte was, Ons troudag, ons wittebrood in Thailand, Bridge jumping by Gouritz, Ons vakansie by Baisley Beach - Desember 2006, ons honde en al die kleintjies grootmaak, die bike naweek in Mosambiek en die geboorte van ons seuntjie Nicolaas.
Vannie ek het jou ontsettend lief. Ek kan nie my lewe sonder jou indink nie. Baie dankie vir wonderlike tye saam en ook die vasbyt deur die minder goeie tye. Jy is ‘n great pa en ‘n wonderlike man. Ek bid God se seen oor jou in alles wat jy altyd so in oormaat doen.
Liefde,Vannie
Heila van Niekerk sê . . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Laaste maar nie die minste nie is my seun, Nicolaas.  Gert Nicolaas Van Niekerk – Oupa Gerrie se name.
Hierdie bondeltjie energie is nou 3 jaar en 5 maande oud, en het sommer baie diep in my hart     ingekruip.
As klein seuntjie wat net   begin praat het, was een van sy eerste woorde – buite. En so hou hy, net soos sy Pa van alles in die lewe wat hy buite kan doen. Bike ry,          visvang, in die sand speel, net rond hardloop.
Nicolaas is in ‘n fantastiese skool – Kingdom Kidz en geniet die maatjies en al die nuwe dinge wat hy daar leer vreeslik.
Hy is altyd baie trots om sy werksboek huistoe te bring en dan vir Pappa en Mamma “iets anders te wys”. Al sy         kunswerke of waar hy vir Pappa geteken het, of die rympies op te sê wat hulle geleer het.
Hy sien baie uit na sy nuwe boetie, en het selfs aangebied dat sy boetie sy kombersie kan leen. Hy is ook slaggereed om boetie Anton al die dinge van die lewe te leer, soos bike ry.
Seun, mamma is baie lief vir jou en ek bid die liefde van Jesus oor jou. Mag jy altyd so ‘n gelukkige kind vol lewe bly.





Die man in my is lewe se naam is Petrus, Bouts, Liefie en Pappa.  Ek en Bouts is man en vrou vir die afgelope 11 en ‘n half jaar.  Hy werk by “Cement Australia”, ‘n baie uitdagende werk wat hy baie geniet.  
Seker een van die mooiste memories wat ek saam met Bouts het is ons troudag maar dit nog so baie ander ook.
Sy passie is beslis rugby!  Hy kan net so hard soos almal op die paviljoen skreeu as die bulle speel.  
Bouts het ‘n stil manier om respek af te dwing en jy sal selde hoor dat hy lelik van en met ander mense praat.
My liefste, sterkte met die shut. Die einde is amper in sig!  Ek het jou baie lief!!! 
Heila van Niekerk sê . . .
Celeste Botes sê . . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

My Pappa se naam is Oom Petrus of vir my Pappa. Hy is my pappa vir nog altyd en ek is sewe jaar oud.  
My Pappa werk in die Cement werke.  Ek dink nie hy geniet dit nie want hy is BAIE besig.
Een van die lekkerste tye saam met my Pappa was toe ons met die kanoe op die Dunn Swamp geroei het.  Ek sit agter my pa se rug en ek sit met my hande in die water.
Ek het so lekker gelag toe hy ‘n snaakse gesig getrek het met ‘n blom agter sy oor.
Ek het baie respek vir my Pappa want hy help my die regte besluite neem, in ons skool leer ons baie van RIGHT CHOICES.
Pappa, ek is baie lief vir jou!!!
Liesl

Ek lewe vir die oomblik wat Pappa by die deur instep!  Zané




Die ander man in my lewe is my pa – Dave Eden.  

Hy het verseker die rol van pa en oupa wees bemeester.  Hy is een van die mees liefdevolste en mense wat ek ken.  

My pa lewe verseker vir sy kinders en kleinkinders.  Elkeen van ons het ‘n spesiale plek in sy hart en ons kan maar weet hy het altyd vir ons tyd.  

Hy plaas homself altyd laaste, hy sal sonder dinge klaarkom sodat die res van ons goed kan lewe.  

Daddy baie dankie vir alles wat Pappa vir ons is!!!!!!  
Ons is baie lief vir jou.  
Liefde Jou Aussie kinders 


Liesl en Zané Botes sê . . .
Celeste Botes sê verder. . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Marietjie Bester sê . . .

Juriaan Snr.

Juriaan, my droomman is jy,
want met jou aan my sy
is my hart so bly.

Jy’s my rots, die een wie ek kan vertrou
en daarom was ek ‘n baie gelukkige vrou
toe jy my gevra het om met jou te trou.

ʼn Voorbeeld vir die kinders is jy
en ʼn vriend is jy vir my
wat ek nêrens anders sal kry.

Jy is koning, priester en profeet
omdat jy van God so baie weet.

ʼn Pa duisend sal jy altyd wees,
want jy is lief vir God se Gees.

Dankie dat jy soveel van jouself gee
vir my en die kinders se wel en weë.

Ek seën jou met goedheid en guns, 
want waar jy gaan, is jy net ʼn wins.

Ek dank die Vader vir wie jy is
want vol “joy” en vrede is jy beslis.

Juriaan Jnr.

Juriaan, jy met jou grootman stem
jy geniet die lewe sonder rem.
Jy het ʼn hart van goud
en sien in ander geen fout.
Jou opregtheid maak van jou ʼn seun
op wie ek en Pappa altyd kan steun.
Jy is sommer pure plesier
en baie, baie lief vir elke dier.
Mag jy die lewe baasraak
en daarvan ʼn groot sukses maak.
Dankie dat jy die lewe so geniet.
want so het die Here jou gegiet.
Van ʼn Ma wat oorloop van trots
op ʼn seun wat vasstaan soos ʼn rots.

.
Daar is twee foto’s van Juriaan wat ek saamstuur:
Juriaan het onlangs saam met vriende die “Suicide Gorge” gaan stap het en hy moes by 10 watervalle afspring wat wissel van 5 tot 18 meter hoog.  Hy moes sy “boundaries” bietjie skuif, maar hy het dit met vlieënde vaandels gedoen. Geluk my man.

Die ander foto’s is geneem toe Juriaan onlangs genooi is om op die diepsee te gaan visvang.  Die foto was geneem in ʼn oomblik toe hy nie so erg groen was nie, en toe hy het daar sy eerste vis gevang. Dit was vir hom ʼn belewenis, maar een wat hy nie baie graag sal wil herhaal nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Marietjie Bester sê . . .



Die manne in my lewe... My pa is my rolmodel en daar is so baie wat ek elke dag van hom leer.   Een van die belangrikste eienskappe wat my pa my geleer het is om nooit ooit op te hou nie.   As jy ʼn doel of droom het, moet jy alles in jou vermoë doen om dit te bereik  maak nie saak wat dit van jou verg nie. Dit is ʼn lewensles wat my pa elke dag toepas en wat ek altyd by my sal hou.   My pa is altyd daar vir my, van help met huiswerk tot ondersteuning by hokkie wedstryde. 
Ons kyk elke Saterdag saam rugby en natuurlik het hy my ʼn ondersteuner van die beste span gemaak (Go Cheethas!!!!) 
As ek nou daaraan dink is my dag leeg as ek nie ʼn bietjie met my Pa gesels het nie. Dankie Pappa vir alles wat Pappa vir ons doen. GELUKKIGE VADERSDAG!
Baie Liefde Rianrie
Rianrie Bester sê . . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rianrie Bester sê . . .

Die jonger man of broer in my lewe kan ek opsom in een woord: “Entoesiasties!” 
By die skool, op die rugbyveld, tussen sy pelle of by die huis. Hy is die een wat lewe in ons huis bring en sonder sy diep stem is ons huis maar vaal.  
Jy weet altyd wanneer hy ʼn vertrek binne kom, want dit is wanneer daar iets begin gebeur. Hy is plain “fun”. Juriaan, jy is ʼn “stunning” broer. 
Thanks daarvoor. 
Liefde  Rianrie
Ju-Marié sê . . .

Een ding wat my Pa my geleer het in dié lewe is om nooit op te gee nie.  
Maak nie saak wat die lewe na jou toe gooi nie, hou aan en dit is nog nie verby as alles nie reg uitgewerk is nie.  
Dankie Pappa dat Pappa vir my ʼn voorbeeld is van wat deursettingsvermoë regtig is. 
Baie liefde Ju-Marié 

My Pa
Deur Ju-Marié
Hy’s vernuftig en genotvol.
Hy’s nog steeds pure kind en speel nog in wilde plesier.
Sy avontuurlustige hart is aansteeklik en
Sy teenwoordigheid genereer ʼn uitbundige vrolikheid.
Hy’s wild, passievol en gevaarlik.
Geen flater is ooit te groot.
Hy’s my baken, my lewenslig, my reddingstou.
Jip, dis MY PA!
Ju-Marié sê . . .

Juriaan is een van daardie jong tienerseuns wie se motto “te” is! Hy vat die lewe net ʼn bietjie verder.  Die huis is nooit stil of vervelig  as hy in die rondte is nie. Hy is altyd daar om gewone situasies bietjie “spice” te gee, maar sy hart van goud laat ons ook nooit in die steek nie. 
Ai! ek is lief vir hom. 
Ju-Marié

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Elschen sê . . .

Daar is 3 mans in my lewe! My seun Vincent, my broer Petrus en my Pa Pieter!      Die volgorde van hierdie “ode” is geensins ‘n aanduiding van my voorkeur nie – neem net     kennis.
Kom ons begin maar by die jongste – Vincent is my en Eddie (my eks man) se enigste kind en die middelpunt van my bestaan. Hy was ‘n dierbare, vrolike baba ten spyte daarvan dat hy gedurig siek en in die hospitaal was en komende September word hy al 13!! 
Hy word al meer en meer die man in die huis en kan al self vuur maak en die vleis braai, maak klein goedjies in die huis reg en peuter gedurig met goeters om te sien hoe hulle werk. Vliegtuie is sy passie en sy toekomsdroom en visvang het hy en Pa al tot ‘n kuns vervolmaak en sy oom Petrus het hom die afgelope Desember geleer van see visvang. 
Hy het ‘n verassende empatie met mense en diere en is baie lief vir sy niggies aan albei kante van die familie en hulle vir hom. 

Dan is daar my dierbare, liewe boetie Petrus wat nou in Australië bly. 
Daar is nie woorde om vir julle te sê hoe baie lief ek vir hom is nie. Hy is met Celeste getroud en hulle het twee dogtertjies Liesl (7) en Zanè (2). 
Bouts is sowaar die geduldigste mens wat ek ken en het baie tyd vir ander mense. Hy is ‘n      bobaas kok, kan enige iets regmaak, baie lief vir brandewyn (met matigheid voor oë) en ‘n    wyntjie en mooi karre en klanktoerusting. Die klanktoerusting ding kom al van tiernerdae af en as student het sy Golf ook op “sound” geloop! 
Petrus het ‘n drywende ambisie om die beste te doen wat hy kan, in sy beroep, as eggenoot en pa en ek bewonder hom daarvoor. Hy is ‘n baie suksesvolle ingenieur daar in Australië in beheer van die onderhoud van die sement fabriek. 
Al werk hy baie hard en kla soms oor die wit “boys” daar, geniet hy dit tog. Ek is lief vir jou boetie en ek wens ons kan net weer vir ‘n rukkie kinders wees in Kewweg!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Elschen Francis sê . . .

Laaste maar nie die minste nie is Pappa Pieter. 
Oom PJ of sommer Botes soos my ma se broers hom soms genoem het. 
Dads is nou 75 en bo verwagting en na baie dinge baie baie gesond. Hy word oud, loop stadiger en sit maar rustig meeste van die tyd, maar hy lees nog elke dag die koerant en vul elke Suduko in wat hy kan kry. 
Hy hou baie van grappies en lag lekker saam en vertel soms ook een as hy kan onthou. Hierdie voel nou amper soos ‘n                    begrafnisbrief, maar ek dink tog dis beter om al die mooi goed te sê terwyl die mens nog leef. My Pa is ‘n baie saggeaarde mens en sal sy laaste onderbroek vir sy naaste gee as dit nodig is. Behalwe vir my en Petrus het hy nog twee dogters; Ginny en Marihen uit sy vorige huwelik en sommer ‘n string kleinkinders en 2                     agterkleinkinders as ek reg onthou. 
Hy was sy hele lewe lank van sestienjarige ouderdom ‘n soldaat. Iets wat heeltemaal indruis met sy persoonlikheid, want hy was nie gemaak om oorlog te voer nie, maar het ‘n baie groot sukses van sy loopbaan gemaak en was gelukkig in die weermag as kind was ek baie trots op hom in sy Hanlie sê . . .
Die Laslappie ontplof nou tog in elk geval al so ek moet darem net my geliefde manne ook vereer!
Ek begin by Neels, my liefste Bokkie.  Die man wat my voete onder my uitgeslaan het in 1983 en binne ses maande verloof geraak en getrou het.  
Wat vir die afgelope 23 jaar net dieper en dieper in my hart inkruip.  Hy is ALTYD dieselfde.  Nooit buierig of onverstaanbaar nie.  Hy het onverskrokke lewenswaardes waarby hy staan, kom wat wil.  
Neels is ‘n diep gelowige wat vir my as gelowige so baie leer.  Hy lewe vir sy gesin en werk baie hard elke dag om in ons almal se behoeftes te voorsien.  Hy staan snags 12 uur op en werk dwarsdeur tot 8 uur die volgende aand en sal nooit daaroor kla nie.  Een van my Bokkie se      mooiste eienskappe is dat hy NOOIT van ander mense praat nie.  Ek het hom nog nooit oor iemand hoor praat nie.  Hy is ‘n diep denker wat die lewe baie ernstig opvat.   Neels is ‘n ongelooflike besigheidsman.  Hy dink nugter, werk onverskrokke as hy homself tot ‘n taak      commit het en behaal feitlik altyd groot sukses.  Hy is die mees belese mens wat ek ken. Vrek slim ook nog.  Sy kinders is vir hom ongelooflik belangrik en hulle welstand lê hom baie na aan die hart.  Hy maak hulle streng groot maar het hulle ook innig lief. Alhoewel hy met sy gesondheid sukkel sal jy hom nooit, ooit daaroor hoor kla nie.  Hy is ‘n getroue vriend en sal ‘n arm en ‘n been gee vir sy vriende.  Sy familie is vir hom baie belangrik, dié dat hy vir ure en ure sit en navorsing doen oor sy voorgeslagte, en hy geniet elke oomblik daarvan.  Sy passie vir fotografie is vir my ‘n groot lekkerte want nou leer hy my ook om mooi fotos te neem.  Toe ek kanker gehad het, het hy my versorg en op die hande gedra elke sekond van elke dag.  Die bekommernis in sy oë en opregte liefde waarmee hy my hanteer het sal my vir altyd bybly.  So kan ek aanhou tot in ewigheid.  WANT vir hierdie man is ek BAIE, BAIE LIEF!!!  Dankie vir alles wat jy vir my doen my Bokkie.  Jy is ‘n unieke mens!!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hanlie sê verder . . .
Dan my liewe Lohan-kind.  Hierdie witkop, blou-oog, vriendelike, in-die-hart-kruip kind van my is soos almal weet my hart se punt.  Ek geniet elke sekond wat ek in sy teenwoordigheid is.  Hy is stil, soms heel laf, musikaal, baie baie goed met rekenaars en BAIE LIEF vir sy familie.  Ons het al styl bulte saam uitgeklim en die wonderlike van my Lohan-kind is dat hy elke keer as dit swaar gaan net sy kop laat sak en voortbeur.  Hy het ‘n baie ernstige motorfietsongeluk deur die Genade oorleef en is deur ‘n baie moeilike tyd van herstel.  Net soos sy Pappa, sonder om een dag daaroor te kla.  Hy tree altyd met soveel respek teenoor ons as sy ouers op, al weet ons dat hy soms drasties verskil met wat ons van hom verwag.

Hy het dit reggekry wat nie baie mense op sy ouderdom kan nie en het graad 11 & 12 in een jaar gedoen op die ouderdom van 16 jaar en dit nog goed reggekry ook.  Dit beteken dat hy nog slim ook is.  Dit alleen sê vir my baie van sy karakter en ek sien uit daarna om hom ‘n volwassene te sien word.  
Hy is mal oor sy katte en het ‘n besonderse band met elkeen van hulle.
Mamma is baie lief  vir jou!  
Bly net so ‘n lieflike mens wat jy nou is.  

O ja en dan my CJ-kind of my klein Pollie.  
Wat ‘n vreugde.  Totale, totale introvert net soos sy Pappa en Broer. 
 My Lord of the Rings, swaardgeveg kind!  
Hy praat vreeslik min maar kan ‘n ordentlike gesprek voer met jou wanneer jy one-on-one met hom gesels.
My CJ-kind maak my so trots omdat hy so hard werk aan al sy sporte en sulke groot sukses daarin behaal.  Hy werk ook baie hard aan sy skoolwerk en behaal daarin ook goeie punte.
Wat vir my so mooi is van hom is dat hy altyd na teregwysings sal luister en dit positief sal toepas in sy lewe.  
CJ is ‘n ware vriend en neem sy vriendskappe baie ernstig op.  Hy sal onverskrokke by sy vriende staan.  
Hy is ‘n diep gelowige en dien die Here aktief met sy lewe. 
 Hy is baie lief vir diere en veral sy troeteldiere.  
Pollie, Mamma is baie, baie lief vir jou!
It is not the critic that counts; not the man who points out how the strong man stumbles, or where the doer of deeds could have done better. The credit belongs to the man who is actually in the arena, whose face is marred by dust and sweat and blood; who strives valiantly; who errs, and comes short again and again, because there is no effort without error and shortcoming; who knows the great enthusiasms, the great devotions; who spends himself in a worthy cause; who at best knows in the end the triumph of high achievement. And at worst, if he fails, at least fails while daring greatly, so that his place shall never be with those cold and timid souls who know neither victory nor defeat.
President Theodore Roosevelt, Paris 1910

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hanlie sê verder . . .
Dan is daar Oupa Kraai, my liewe Pa. 
Die man wat my so lief het dat dit seerrmaak. 
My liewe Pa wat my geleer het van soveel dinge in die lewe waarvoor ek so ontsettend dankbaar is.  
By hom het ek geleer dat NET DIE BESTE goed genoeg is.  
Om die EKSTRA TREë te gee in alles.  
Om jou werk ALTYD goed en reg te doen.  
Om jou familie onvoorwaardelik lief te hê en by te staan so ook jou vriende.  
Om ‘n persoonlike verhouding met jou Here te hê en . . .
die mooiste van alles om jou lewensmaat te ondersteun. 
My Pa, al is hy soms baie kwaai, is die wonderlikste voorbeeld van ‘n lewensmaat.  As ek hom en my ma sien lepellê snags as hulle gaan slaap, kry ek so ‘n warm gevoel in my hart want ek weet hulle is lief vir mekaar.  Hy help haar kosmaak, tel haar pilletjies uit.  Lees saam met haar Bybel en bid hardop.  Huil saam oor die kinders en gee waarlik om vir sy medemens.   
Vir my Pa se hande staan daar niks verkeerd nie.  Hy kan regtig ALLES doen.
Die mooiste eienskap van hom is ook dat hy stil is.  Hy praat nie baie nie, maar sy stil teenwoordigheid is so onlosmaaklik deel van my verwysingsraamwerk.  Sy kinders het almal daardie stilte by hom geëerf.  
As ek siek is, van kleins af al, gee hy opreg om en maak jou dan so vol met sy liefde en omgee dat jy sommer van die siekwees vergeet.
Oupa Kraai, jy is ‘n wonderlike mens.  
Dankie dat jy my grootgemaak het met waardes en beginsels wat in my lewe vir my nog net positief was.  
Ek is baie lief vir Pa.  

Die laaste man in my lewe is Eveston.  Heavystone (korrekte spelling) Sithole, my tuinwerker en Butler.  
Hierdie nederige mens het die Here op my pad gebring om vir my te leer hoe mens met ‘n lied in jou hart werk.  
Hierdie Xhosa-man sing ALTYD as hy werk.  Maak nie saak hoeveel hope en hope skottelgoed daar soggens is nie, of hoeveel hope en hope vuilgoed hy uit die tuin moet uittrek nie.  
Hy sing.  
Hy loop heeldag en sing terwyl hy werk.  Hy is altyd vriendelik en blymoedig en my regter en linkerhand. 
Ek is so dankbaar vir die rol wat hy ook vervul in my lewe en huishouding.  
Dankie Heavystone, jy is ‘n juweel.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mari Borstlap sê verder . . .
Ek het tot my liewe Mami, wat so hard werk vir die Laslappie, se frustrasie gewag tot op nommer 99 om my stukkie in te stuur. Bloot omdat ek elke keer met die begin van my bydrae so gehuil het, dat  ek maar eers moes wag. Sekerlik is dit dus vir my ‘n saak na BAIE na aan die hart. 
Ek deel ‘n huis met drie unieke en wonderlike mans.
Ek skryf vandag eerste oor my oudste broer, Lohanie. 
As ek aan jou dink my liewe boetie, is dit ‘n reeks van  herinneringe wat strek van hoe ons altyd die twee maer witkopkindertjies was wat afsonderlik en selfs saam op ons eie togte is. 
Jy is ‘n alleenloper nes ek.  Tog is jy ook die hofnar wat ons huis keer op keer bewustelik en onbewustelik        vermaak. 
Dankie vir jou manier om my te laat lag (min kry dit reg). 
Ons deel ‘n verbeelding, ons deel ‘n ewigdurende jeug hartklop, ons  deel ‘n brandende passie vir musiek en dis die spesiaalste ding as jy my roep om nuwe musiek (tunes) te hoor of my gunsteling band se nuwe single vir my speel. 
Dit is so great om ‘n broer te hê met wie jy kan deel en weet hy hoor dit nes jy doen. Jou rou talent om musiekinstrumente te kan speel is vir my ‘n bron van inner joy! As Lohan ‘n kitaar optel of my gunsteling Coldplay liedjies op die klavier speel is die wêreld ‘n mooi plek.   
Lohan,  jy is diep in my hart. My blou-oog boetie met die gift om alles te aanvaar. Ek bewonder jou vir jou vermoeë om te laat gaan… 
Ek weet danksy my broer daar is nog hopeless romantic mans op hierdie aarde: jou vrou gaan ‘n baie gelukkige dame wees. Moet nooit jou deernis en sensitiwiteit verloor nie.
 Ek is baie lief vir jou. 

Oor my liefste C.J. boetie (Pollie). 
My bruin oog sielsboetie wat my erns vir die lewe deel. Ons twee het ‘n                 onverwoordbare band sedert jou geboorte. 
As ek aan jou dink C.J. sien ek hoe jy vandat jy ‘n klein babatjie was altyd met jou oë lag. Jy is die stil leier, die kind met die ou siel, die passie en deursettingsvermoeë waarmee jy alles aanpak is vir my so mooi. 
C.J. ons deel ‘n liefde vir stories, vir lande vêr van hier wat in ons verbeeldings soms meer werklik is as die wêreld self. Dit is my grootste droom om eendag ‘n film te kan maak waarin jy ‘n koning soos Aragon kan speel, met ‘n swaard en kroon en as jy my vra gaan dit gebeur...  
C.J. is ‘n talentvolle en natuurlike drummer. Pollie, ek gaan sit baie maal as julle nie tuis is nie, voor daai drumset en dan probeer ek (Mari is handoog                   koördinasieloos) dis ‘n kuns en jy moet aanhou om jouself te verryk met daardie instrument. Dit is vir my ook ‘n groot vreugde om C.J. se liefde vir rock/punk rock en alternative rock as musiek genre’s te deel. 
Amazing hoe musiek oor alle grense en tyd mense verbind. 
C.J. ons twee hou alles stil-stil dop maar weet dat ek jou elke dag SIEN en God dank vir die beautiful mens wat jy is.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mari Borstlap sê verder . . .

Nou vir die groot man…met die voëltjie hart. 
Breytenbach het gesê sy  vrou is ‘n klein klein voëltjie.
Ek dink my Pappa se hart is ‘n klein     voëltjie. 
Sag, kosbaar, maar dit verken die hemelruim gereeld op vrye vlug. 
My pa is vandat ek kan onthou my              leermeester. Die universiële meester leerder verhouding word geken vir die feit dat daar ‘n punt kom waar hulle mekaar begin reflekteer omdat die een die ander sou leer en vorm.
Hiermee gaan seer en frustrasie gepaard   omdat hulle mekaar nie net so goed ken nie, maar omdat hulle amper onlosmaakbaar deel is van mekaar se lewens. Die kuns is egter om langs mekaar te staan, die meester moet laat gaan en die leerder moet onthou. 
Pappa my herinneringe van jou is altyd vol misterie en verwondering. Jy het my die wêreld gewys, op ‘n baie spesiale en unieke manier. 
Jy is ‘n grootgees met ‘n sensitiewe siel wat (wetend of nie) my sou leer om met eerbied en           versigtigheid te leef. Ek is ongelooflik dankbaar dat jy by my die liefde vir kennis sou kweek. Kennis is mag maar meer soos Aristoteles sou sê: Kennis is deug! 
My pa is ‘n veelsydige talentvolle man - Pappa ek is trots op jou. 
Ek sê baie vir jou dankie, maar vandag wil ek jou herinner dat ek jou dogter(tjie) aan jou dink en glimlag, want haar Pappa is ‘n man van God, ‘n hardwerkende sakeman, ‘n sterrekyker, ‘n fotograaf, ‘n navorser, ‘n filmkenner, ‘n liefdesmaat vir my skone ma en jy – jy is my Pappa. 
My pa het ‘n ongelooflike liefde en kennis van films. Dit is iets wat van oupa Hansie af oorgedra is en vandag een van my eie grootste liefdes is. Pappa - ek gaan nog films maak en my eerste film sal     opgedra word aan jou! Dankie.
Ek is ‘n kunstenaar en ons dink BAIE!
Kunstenaars bevraagteken en soek oorsprong, ons is moerig en stil ons leer en onthou ons sukkel om ons harte te deel en ons word baie maal misverstaan, ons streef daarna om altyd hoër altyd, beter te wees. 
Ons skep en ons deel. 
Ons het innig lief en wil almal na aan ons beskerm. 
Pappa ek het besef. 
JY is ‘n kunstenaar soos min. 
Hoe dan anders, jy is my leermeester.
Ek het jou lief tot in my kern.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

[hoofblad]   [gasteboek]    [kontak ons]   [Laslappie]    [Borstlap stamboom]

 

This page is created and maintain by Neels Borstlap


2009/04/08